Presidentia inwoners kan weer rustig slaap na hek herstel is
Presidentia Outehuis se hekmotors is na baie jare uiteindelik herstel.

Na jare se ongelukkigheid en toenemende misdaad is die Presidentia Ouetehuis se hekmotors op 13 Desember herstel.
Inwoners van hierdie tehuis het vir baie jare vir hul lewens gevrees met die dat die tehuis se hekke buite werking was en daar gereeld misdaad aktiwiteite plaasgevind het.
Talle bejaardes was slagoffers van hierdie aktiwiteite en sommige het beter daarvan afgekom as ander. Die 88-jarige Marie du Plessis se eenheid was vroeg in Desember leeg gedra terwyl sy deur een van die booswigte oorval was.

Hoewel sy nie fisiese letsels gehad het nie, moes sy die emosionele letsels dra en het vir ‘n geruime tydperk gevrees om weer in haar eenheid te slaap.
Die Advertiser het vroeër hieroor berig (Rowers teiken bejaardes) en die erns van die saak aan die munisipaliteit gerig.
Kort daarna is die hekmotors herstel en sedertdien is nog geen inbraak weer gerapporteer nie. Na jare se vreesbevangenheid meen die inwoners van Presidentia dat hulle saans weer rustig kan slaap.
ALSO READ: Have your say on the city’s proposed by-law
ALSO READ: Gesinne geniet feesmaal danksy projek